Magnuseffek

Die magnuseffek soos op 'n bal met bodraaiing uitgevoer. Die lyne V verteenwoordigdie windsnelheid en die pyl F verteenwoordig die gevolglike krag in die rigting van die kant waar die minste druk plaasvind

Die Magnuseffek is 'n fenomeen waarby die draaiing van 'n voorwerp in 'n vloeistof of in die lug 'n maalkolk om ditself skep en die voorwaartse beweging van die voorwerp beïnvloed. Die voorwerp evraar dan 'n krag wat loodreg is teenoor die lyn van beweging. Die algemene gedrag stem redelik ooreen met die beweging om 'n vlerkprofiel met sirkulasie wat gegeneree word deur meganiese rotasie, eerder as die beweging van die vlerkprofiel.[1] In baie balsportsoorte is die magnuseffek verantwoordelik vir die gekromde beweging van 'n bal wat tol. Die effek beïnvloed ook tollende missiele en word gebruik in sekere vliegtuie.

Die Duitse fisikus Heinrich Gustav Magnus het die effek in 1852 beskryf.[2] In 1672 het Isaac Newton egter die effek beskryf nadat hy tennisspelers in aksie gesien het by Cambridge.[3][4] In 1742 het Benjamin Robins (1707-1751), 'n Britse artilerie-ingenieur, afwykings in die trajek van 'n musketkoeël in terme van die magnuseffek.[5][6]

  1. Clancy, L.J., Aerodynamics, Afdeling 4.6
  2. G. Magnus (1852) "Über die Abweichung der Geschosse," Abhandlungen der Königlichen Akademie der Wissenschaften zu Berlin, pages 1-23. Sien ook: Gustav Magnus (1853) "Über die Abweichung der Geschosse, und: Über eine abfallende Erscheinung bei rotierenden Körpern" (On the deviation of projectiles, and: On a phenomenon of sinking down among rotating bodies), Annalen der Physik, vol. 164, no. 1, bll. 1-29.
  3. Isaac Newton, "A letter of Mr. Isaac Newton, of the University of Cambridge, containing his new theory about light and color," Filosofiese Uitruilings van die Royal Society, vol. 7, bll. 3075-3087 (1671-1672). (Nota: In hierdie brief het Newton die refraksie van lig probeer verduidelik deur te argumenteer dat die ligpartikels roteer soos dit deur 'n lugruim beweeg, net soos 'n tollende tennisbal 'n kromming toon soos dit deur die lug beweeg.)
  4. Gleick, James. 2004. Isaac Newton. London: Harper Fourth Estate.
  5. Benjamin Robins, New Principles of Gunnery: Containing the Determinations of the Force of Gun-powder and Investigations of the Difference in the Resisting Power of the Air to Swift and Slow Motions (London: J. Nourse, 1742). (Op bl. 208 van die 1805-uitgawe van Robins se New Principles of Gunnery, beskryf Robins die eksperiment waarin hy die magnuseffek waargeneem het: 'n Bal is aan 'n toutjie (twee lyntjies wat opgewen is) gehang en die bal is laat swaai. Soos die lyntjies afgewen het, het die swaaiende bal begin draai en die bal se swaai het ook begin roteer. Die rigting waarin die swaai geroteer het, het afgehang van die rigting waarin die bal draai.) Sien ook: Tom Holmberg, "Artillery Swings Like a Pendulum..." in "The Napoleon Series". Aanlyn beskikbaar by: http://www.napoleon-series.org/military/organization/c_velocity.html . Sien ook: Steele, Brett D. (April 1994) "Muskets and pendulums: Benjamin Robins, Leonhard Euler, and the ballistics revolution," Technology and Culture, vol. 35, no. 2, bll. 348-382.
  6. Newton en Robins se observasies van die magnuseffek weergegee in: Peter Guthrie Tait (1893) "On the path of a rotating spherical projectile," Transactions of the Royal Society of Edinburgh, vol. 37, pages 427-440.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search