Merapi

Merapi
Gunung Merapi
Die berg Merapi in 2018. Die berg Merapi in 2018.
Ligging Java, Indonesië
Hoogte 2 910 meter bo seevlak
Koördinate 7°32′26.99″S 110°26′41.34″O / 7.5408306°S 110.4448167°O / -7.5408306; 110.4448167
Bergtipe Aktiewe stratovulkaan
Laaste uitbarsting 2020
Ligging van Merapi Gunung Merapi op 'n kaart (Indonesië)
Merapi Gunung Merapi
Merapi
Gunung Merapi
Ligging in Indonesië.
Die berg Merapi soos gesien van 'n 9de-eeuse Hindoetempel.

Die berg Merapi (Indonesies en Javaans: Gunung Merapi, letterlik "Vuurberg") is 'n aktiewe stratovulkaan aan die grens tussen Sentraal-Java en die spesiale streek Jogjakarta in Indonesië. Dit is die aktiefste vulkaan in Indonesië en bars sedert 1548 gereeld uit. Dit lê naby die stad Jogjakarta met 'n bevolking van 2,4 miljoen, terwyl daar ook dorpies tot so hoog as 1 700 m bo die seevlak is.

Dikwels kan gesien word hoe rook uit die piek van die vulkaan borrel, en verskeie uitbarsting het al tot lewensverlies gelei. 'n Piroklastiese stroom weens 'n groot uitbarsting het op 22 November 1994 altesaam 27 mense gedood, hoofsaaklik op die dorp Muntilan, wes van die vulkaan.[1] In 2006 was daar nog 'n groot uitbarsting, net voor die Jogjakarta-aardbewing in dieselfde jaar.

Vanweë die gevare wat Merapi vir die bevolkte gebiede inhou, is dit aangewys as 'n Dekadevulkaan.

  1. (id) Kompas (Yogyakarta) President Soeharto Really Concern. Saturday, 26 November 1994.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search