Mimiek

Die HAT definieer mimiek as die kuns om met gebare in plaas van woorde abstrakte dinge of mense na te boots, dikwels om mense te laat lag. Die WAT beskryf mimiek as die kuns om 'n karakter, gebeure, emosies of denkbeelde met behulp van gebare en gesigsuitdrukkings uit te beeld. Iemand wat mimiek beoefen, is ʼn mimikus.

Tydens mimiek maak mens slegs van gebare en gesigsuitdrukkings gebruik, geen geluide en voorwerpe mag gebruik word nie. So kan ʼn mimikus byvoorbeeld deur middel van gebare ʼn kas reg pak, inkopies doen, tande borsel, ʼn vuur blus of ʼn kar bestuur.

Mimiek vorm deel van fisieke teater, wat per definisie min rekwisiete en heelwat verbeelding verg.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search