Narsistiese persoonlikheidsteuring

Narsistiese persoonlikheidsteuring
Narsissus, deur Gyula Benczúr (1844-1920).
SpesialiteitPsigiatrie, kliniese sielkunde
SimptomeOordrewe gevoelens van selfbelangrikheid, oorgroot behoefte aan bewondering, verminder vlakke van empatie met ander[1][2]
Begin gewoonlik opVroeë volwasse lewe[2]
TydsduurLang termyn[2]
Oorsake'n Kombinasie van oorerflike en omgewingsfaktore, insluitende trauma, verwaarlosing en verwerping in die kinderjare[3]
Diagnostiese metodeGeskoei op simptome
Differensiële diagnoseBipolêre gemoedsteuring, manie en hipomanie, antisosiale persoonlikheidsteuring, middelmisbruik, grenslynpersoonlikheidsteuring, histrioniese persoonlikheidsteuring,[1] grandiose delusies
BehandelingPsichoterapie, medisyne vir onderliggende steurings[1]
Frekwensie6,2%
Mediese waarskuwing

Narsistiese persoonlikheidsteuring (NPS) is ’n geestesteuring[4] wat gekenmerk word deur 'n lewenslange patroon van oordrewe gevoelens van selfbelangrikheid, 'n oorgroot behoefte aan bewondering en verminderde vlakke van empatie met ander. Dit is een van die subtipes van die breër kategorie wat as persoonlikheidsteurings bekend is.[1][2] Dit is dikwels onderliggend aan ander geestesteurings en word verbind met aansienlike funksionele verswakking en 'n psigososiale gestremdheid.[1]Die term is 1968 geskep; dit is voorheen megalomanie genoem.[5]

Persoonlikheidsteurings is 'n klas geestesteurings wat gekenmerk word deur langdurige en onbuigsame, wanaangepaste patrone van gedrag, bewustheid en innerlike ondervindings wat op baie vlakke tot uiting kom en afwyk van dié wat deur enige kultuur aanvaar word. Dié afwykings ontwikkel teen die vroeë volwasse lewe en word verbind met aansienlike angs of verswakking.[6][7][8] Dit is genoem na die mite van Narsissus in die Griekse mitologie wat verlief geraak het op sy eie spieëlbeeld in ’n waterpoel.

Die DSM-5 en DSM-IV-TR

Kriteria vir die diagnose van persoonlikheidsteurings word gelys in die Internasionale Klassifikasie van Siektes (ICD) en in die Amerikaanse Sielkundevereniging se Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings (DSM).

Daar is geen standaardbehandeling vir NPS nie.[9][10] Die steuring se hoë onderliggendheid aan ander geestesteurings beïnvloed behandelingskeuses en -resultate.[9] Psigoterapeutiese behandelings val gewoonlik in twee kategorieë: psigodinamiese en kognitiewegedragsterapie, met al hoe groter steun vir 'n kombinasie daarvan in terapie.[11][12] Daar is egter 'n feitlik algehele gebrek aan studies om die doeltreffendheid van die behandelings te bepaal.[10] Die pasiënt se subjektiewe ervaring van die steuring en hulle vlak van betrokkenheid by die behandeling hang albei af van hulle motivering om te verander.[13]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 Caligor E, Levy KN, Yeomans FE (Mei 2015). "Narcissistic personality disorder: diagnostic and clinical challenges". The American Journal of Psychiatry. 172 (5): 415–422. doi:10.1176/appi.ajp.2014.14060723. PMID 25930131.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Diagnostic and statistical manual of mental disorders : DSM-5 (5th uitg.). Arlington, VA: American Psychiatric Association. 2013. pp. 72–669. ISBN 978-0-89042-554-1. OCLC 830807378.
  3. Mitra, Paroma; Fluyau, Dimy (2023), "Narcissistic Personality Disorder", StatPearls (Treasure Island (FL): StatPearls Publishing), PMID 32310461, http://www.ncbi.nlm.nih.gov/books/NBK556001/, besoek op 2023-12-27 
  4. Narcissistic personality disorder – Diagnostiese en Statistiese Handleiding van Geestesteurings, 4de uitgawe, Amerikaanse Psigiatriese Vereniging (2000)
  5. R. Kayne, ed. L.S. Wynn (4 Maart 2013). "What is Megalomania?". Wise Geek. Conjecture. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Maart 2013. Besoek op 16 April 2014.{{cite web}}: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link)
  6. Diagnostic and Statistical Manual of Mental Disorders (Fifth uitg.). Arlington, Virginië: American Psychiatric Association. 2013. pp. 646–49. ISBN 978-0-89042-555-8.
  7. Berrios GE (1993). "European views on personality disorders: a conceptual history". Comprehensive Psychiatry. W.B. Saunders Ltd. 34 (1): 14–30. doi:10.1016/0010-440X(93)90031-X. PMID 8425387.
  8. Millon T, Davis RD (1996). Disorders of Personality: DSM-IV and Beyond. New York City: John Wiley & Sons, Inc. p. 226. ISBN 978-0-471-01186-6.
  9. 9,0 9,1 Mitra P, Fluyau D (2022). "Narcissistic Personality Disorder". StatPearls. Treasure Island, Florida: StatPearls Publishing. PMID 32310461. Besoek op 1 Mei 2022.
  10. 10,0 10,1 King RM, Grenyer BF, Gurtman CG, Younan R (1 Maart 2020). "A clinician's quick guide to evidence-based approaches: Narcissistic personality disorder". Clinical Psychologist. Melbourne, Australië: Australian Psychological Society. 24 (1): 91–95. doi:10.1111/cp.12214. hdl:10536/DRO/DU:30136767. ISSN 1328-4207. S2CID 216198008.
  11. Yakeley J (5 Julie 2018). "Current understanding of narcissism and narcissistic personality disorder". BJPsych Advances. 24 (5): 305–315. doi:10.1192/bja.2018.20. ISSN 2056-4678. S2CID 148566892.
  12. Weinberg I, Ronningstam E (Maart 2020). "Dos and Don'ts in Treatments of Patients With Narcissistic Personality Disorder". Journal of Personality Disorders. Guilford Press. 34 (Suppl): 122–142. doi:10.1521/pedi.2020.34.supp.122. PMID 32186986. S2CID 214583609.
  13. Personality Disorders and Pathology: Integrating Clinical Assessment and Practice in the DSM-5 and ICD-11 Era. American Psychological Association. 2022. ISBN 978-1-4338-3576-6. JSTOR j.ctv2h43b0f.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search