Okeanos

Okeanos
Okeanos in die Trevi-fontein, Rome
Okeanos in die Trevi-fontein, Rome
Naam Okeanos
God van Die see
Blyplek Arkadië
Vrou Tetis
Ouers Uranos en Gaia[1]
Broers, susters Tetis, Kronos, Rea, Teia, Huperion, Temis, Krios, Mnemosune, Koios, Foibe, Iapetos, die siklope, die Honderdhandiges
Kinders Tetis, Metis, Amfitrite, Dione, Pleione, Nede, Nefele, Amfiro en ander Okeaniede
Romeinse eweknie Oceanus

Okeanos (Grieks: Ὠκεανός) was in die Griekse mitologie ’n seegod en Titaan. Hy is die verpersoonliking van die oseaan, wat deur die antieke Grieke beskou is as ’n enorme rivier wat om die plat aarde loop. Okeanos was ook in beheer van die opkoms en ondergang van die hemelliggame: Helios (die son), Selene (die maan) en die sterre.

Volgens sommige geleerdes is Okeanos eers verbind met al die sout watermassas van die aarde, dus ook die Middellandse See. Namate die Grieke se kennis uitgebrei het, is hy al hoe meer beskou as die water ver van Griekeland waarvan min bekend was. Poseidon het volgens hulle oor die Middellandse See geheers.

  1. http://www.theoi.com/Titan/TitanOkeanos.html

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search