Ooievaaragtiges

Ciconiiformes
Tydperk: Laat Eoseen tot onlangs
'n Volwasse Saalbekooievaar.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Infraklas:
Orde:
Ciconiiformes

Bonaparte, 1854
Families

Ooievaaragtiges (orde Ciconiiformes) is 'n orde van voëls. Die orde omvat een familie, 6 genusse en 19 spesies.[1] Tradisioneel het verskeie families tot hierdie orde behoort, onder andere die reiers. Dit het egter verander en die orde bestaan deesdae uit slegs een familie.

Hulle is nou verwant aan ibisse en reiers en kom veral in die gematigde streke van die Ou Wêreld in moerasse en op grasvlaktes voor. Die bekendste spesie is die witooievaar (Ciconia ciconia), wat in die Noordelike Halfrond broei en in Afrika, ook in Suid-Afrika, oorwinter.

Vroeër is daar aan kinders vertel dat die voël die mens se kinders aan hom besorg. Ooievaars (familie Ciconiidae) behoort net soos reiers en ibisse tot die orde van die reieragtiges (Ciconiiformes). Die 18 spesies is feitlik oor die hele wêreld versprei, maar die meeste kom in die warmer streke van die Ou Wêreld voor. Ooievaars hou by voorkeur in oop terrein, veral in uitgestrekte moerasse, maar ook op grasvlaktes.

Die meeste spesies is sosiale diere wat in kolonies broei en ook buite die broeityd in groepe leef. Die nes is 'n groot, slordige maar stewige konstruksie van takke wat in bome of op die dakke van geboue geplaas word. Dieselfde nes word dikwels jare na mekaar gebruik en tel kens hernieu. Ooievaars is uitsluitlik vleiseters wat naas soetwaterdiere en insekte ook klein knaagdiere, akkedisse en ander voëls vang.

Kenmerkend vir ooievaars is die geklap van hul snawels wanneer hulle hul maat groet en waartydens die kop so ver teruggebuig word dat die nek teen die rug raak. Die meeste spesies maak geen geluid nie. Ooievaars vlieg net soos ibisse met uitgestrekte nekke (reiers se nekke is tydens die vlug krom).

  1. Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (version 2.6). (en)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search