PAL

PAL (afkorting vir die Engels phase-alternating line) is 'n kleurkoderingstelsel wat gebruik word in televisie uitsaaistelsels in groot dele van die wêreld, insluitend Suid-Afrika. Ander algemene analoogtelevisie koderingstelsels is SECAM en NTSC. PAL is deur Walter Bruch by Telefunken in Duitsland ontwikkel. Die formaat is vir die eerste keer in 1967 bekendgestel. [1]

Telefunken is later deur die Franse elektronika-vervaardiger Thomson oorgekoop. Thomson het ook die maatskappy genaamd Compagnie Generale de Télévision oorgekoop waar Henri de France die SECAM-stelsel, die eerste Europese kleurtelevisiestandaard, ontwikkel het. Thomson is deesdae ook mede-eienaars van die RCA-handelsmerk vir elektroniese verbruikersprodukte, wat aanvanklik die NTSC kleur TV standaard ontwikkel het.

Die afkorting "PAL" word gewoonlik gebruik om informeel te verwys na 'n 625-lyn/50Hz TV-stelsel en om dit te onderskei van die 525-lyn/60Hz "NTSC" TV-stelsel wat hoofsaaklik in Noord- en Sentraal-Amerika en in Japan gebruik word. Dienooreenkomstig word DVD-skywe gewoonlik aangedui as "PAL" of "NTSC" (om informeel na die lyntelling en raamtempo te verwys) al het nie een van die twee PAL of NTSC saamgestelde kleur daarop gekodeer nie.

Besonderhede oor die kleurkoderingstelsels wat wêreldwyd op verskillende TV-uitsaainetwerke gebruik word
  1. Die standaard wat die PAL-stelsel definieer is deur die Internasionale Telekommunikasie Unie in 1998 gepubliseer en dra die titel "Aanbeveling ITU-R BT.470-6, Konvensionele Televisiestelsels"

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search