Palmsondag

Aankoms van Jesus in Jerusalem, Meester van die Paleiskapel in Palermo, Italië, ca. 1150
Intog van Jesus in Jerusalem (1320), skildery deur Pietro Lorenzetti: die ingang na 'n stad op 'n donkie simboliseer aankoms in vrede, terwyl 'n oorlogvoerende koning 'n stad op 'n perd sou binnekom.
Palmsondagoptog in Moskou tydens die bewind van Aleksei, 1865
Flevit super illam ("Hy het daaroor gehuil"); skildery deur Enrique Simonet, 1892
Palmsondag. Muurskildery, Khocho, Nestoriaanse tempel, 683–770 (Museum vir Indiese Kuns, Berlyn)

Palmsondag is 'n Christelike fees wat op Sondag voor Paasfees gehou word. Dit is die sesde en laaste Sondag van die vastyd en lui die Heilige Week net vóór Paasfees in. In Evangelies-Lutherse Kerke word dié week ook Stille Week genoem. Die Groot of Heilige Week van die Rooms-Katolieke en Oosters-Ortodokse tradisies sluit ook Paasfees self in. Die Palmsondag se datum hou verband met dié van Paasfees.[1]

  1. (de) Palmsonntag. In: Ökumenisches Heiligenlexikon (heiligenlexikon.de). Besoek op 9 April 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search