Papier

'n Vel wit papier.

Papier is 'n dun materiaal wat hoofsaaklik gebruik word om op te skryf, om drukwerk op te doen of vir verpakking. Dit word vervaardig deur die saamstelling van vesels, tipies plantvesels wat uit sellulose bestaan wat deur waterstofbinding aanmekaar gehou word. Die vesels vir die maak van papier is gewoonlik van natuurlike oorsprong maar daar bestaan ook 'n verskeidenheid sintetiese vesels wat gebruik kan word, soos byvoorbeeld polipropileen en poliëtileen kan ook by die pulpmengsel ingesluit word om die verlangde eienskappe aan die papier te verleen. Die algemeenste bron van hierdie soort vesels is houtpulp vanaf bome wat geskik is vir pulphout. Plantvesels soos katoen, hennep, linne en rys kan ook gebruik word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search