Parafileties

In hierdie polifiletiese stamboom is die blou en die rooi groep monofiletiese groepe, terwyl die groen groep parafileties is.

’n Takson is parafileties as die laaste gemeenskaplike voorsaat van al die lede van die groep tot die takson behoort, maar nie alle afstammelinge van die voorsaat nie.

Parafiletiese taksons verskil van monofiletiese taksons, waar die groep die gemeenskaplike voorsaat en al die afstammelinge daarvan insluit, en van polifiletiese taksons, waar die meeste afstammelinge wel tot die groep behoort, maar nie die gemeenskaplike voorsaat self nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search