Patriarg

'n Patriarg is 'n biskop met die hoogste rang in die Oosters-Ortodokse, Oriëntaal-Ortodokse, Katolieke en Hussitiese Kerk, asook sommige onafhanklike Katolieke kerke. Soms word hulle "pous" genoem, soos die pous van Rome en die pous van Alexandrië, en soms "katolikos", soos in die Kerk van die Ooste.[1]

Die woord kom van die Griekse πατριάρχης (patriarchēs),[2] wat beteken "vader of hoof van 'n familie".[3] Dit is 'n samestelling uit πατριά (patria, "familie")[4] en ἄρχειν (archein, "om te heers").[5][3]

Die term het aanvanklik gedui op 'n man wat 'n outokratiese gesag oor 'n uitgebreide familie uitgevoer het as 'n pater familias.[6] So 'n stelsel is bekend as 'n patriargie. Die term het binne die Christendom 'n kerklike betekenis gekry. Die gebied van 'n patriarg is bekend as 'n patriargaat.

Abraham, Isak en Jakob word beskou as die drie patriarge van Israel, en die tydperk waarin hulle gelewe het as die "Tydperk van die Patriarge".

  1. Hill, Don (7 November 2001). "Czech Republic: Hussite Church History Mirrors That Of Nation" (in English). Radio Free Europe. Besoek op 8 Mei 2021.{{cite web}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)
  2. πατριάρχης, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus
  3. 3,0 3,1 Online Etymological Dictionary: "patriarch"
  4. πατριά, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus
  5. ἄρχω, Henry George Liddell, Robert Scott, A Greek-English Lexicon, on Perseus
  6. "The Roman Empire: in the First Century. The Roman Empire. Life In Roman Times. Family Life" (in English). PBS. Besoek op 8 Mei 2021.{{cite web}}: AS1-onderhoud: onerkende taal (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search