Pfizer

Die Pfizer logo

Pfizer Inc.  is 'n Amerikaanse multinasionale farmaseutiese en biotegnologiese korporasie. Die korporasie se hoofkwartier is by 42ste Straat, Manhattan, New York stad. Die onderneming is genoem na sy medestigter, Charles Pfizer (1824-1906).

Pfizer ontwikkel en vervaardig medisyne en entstowwe vir immunologie, onkologie, kardiologie, endokrinologie en neurologie. Die onderneming produseer bekende medisyne en produkte wat jaarliks ​​meer as $1 miljard se inkomste genereer.

In 2020 het 50% van die onderneming se inkomste uit die Verenigde State, 8% elk uit China en Japan en 36% uit ander lande gekom.

Pfizer was 'n komponent van die Dow Jones Industrial Average se aandelemarkindeks van 2004 tot Augustus 2020.[1][2][3][4][5][6]

  1. "Fortune 500: Pfizer". Fortune.
  2. "Forbes Global 2000: Pfizer". Forbes.
  3. Bomey, Nathan (25 Augustus 2020). "Exxon Mobil, Pfizer removed from Dow Jones Industrial Average; Salesforce, Honeywell added". USA Today.
  4. Stevens, Pippa (24 Augustus 2020). "Salesforce, Amgen and Honeywell added to Dow in major shake-up to the average". CNBC.
  5. Ponczek, Sarah; Greifeld, Katherine (24 Augustus 2020). "Exxon Booted from Dow Industrials in Major Embrace of Tech". Bloomberg News.
  6. Levisohn, Ben (25 Augustus 2020). "Exxon and Pfizer Just Got Booted From the Dow. Here's What's Replacing Them". Barron's.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search