Pisanello | |
---|---|
![]() 'n Medalje wat die profiel van Pisanello toon | |
Gebore | Antonio di Puccio Pisano c. 1395 Pisa, Italië |
Sterf | c. 1455 Napels, Italië |
Beroep | Skilder, freskos, medaljes |
Beweging | Internasionaal Goties |
Pisanello (c. 1395 - c. 1455), professioneel bekend as Antonio di Puccio Pisano of Antonio di Puccio da Cereto, ook verkeerdelik Vittore Pisano genoem deur Giorgio Vasari was een van die mees luisterryke skilders van die vroeë Italiaanse Renaissance en Quattrocento. Hy was deur digters soos Guarino da Verona bewonder en geprys deur humaniste van sy era, wat hom vergelyk het met sulke roemryke name soos Cimabue, Phidias en Praxiteles.
Pisanello is bekend vir sy pompeuse fresko's in groot muurskilderye, elegante portrette, klein esel-prente, en baie briljante tekeninge. Hy is die mees belangrikste portret medaljis van die eerste helfte van die 15de eeu, en kan hom daarop roem dat die oorsprong van hierdie belangrike genre by hom lê.[1]
He was in diens van die Doge van Venesië, die Pous in die Vatikaan en die howe van Verona, Ferrara, Mantua, Milaan, Rimini, en by die Koning van Napels. Hy is hoog aangeskryf in die Gonzaga en Este families.
Baie van Pisanello se werke is verkeerdelik aan ander kunstenaars toegeskryf soos bv. Piero della Francesca, Albrecht Dürer en Leonardo da Vinci, om maar 'n paar te noem. Terwyl die meeste van sy skilderye vergaan het, het vele van sy tekeninge en medaljes behoue gebly.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search