Poppekas

Jan Klaasen by die Dam in Amsterdam

Poppekas is 'n vorm van teater of opvoering wat die manipulasie van poppe – lewelose voorwerpe, wat dikwels lyk soos 'n  mens of dier insluit en wat geanimeer of gemanipuleer word deur 'n mens, staan bekend as 'n poppespeler. Die opvoering word ook 'n marionettespel genoem. Die poppespeler gebruik bewegings van hande, arms of beheer toestelle soos stokke of snare om die liggaam, kop, ledemate en in sommige gevalle die mond en oë van die marionet te beweeg. Die poppespeler praat dikwels in die stem van die karakter van die handpop, en dan word die bewegings van die marionet se mond gesinchroniseer met hierdie gesproke deel. Die dade, gebare en gesprek wat deur die poppe opgevoer word, is tipies die gebruik van storievertelling.

Daar is baie verskillende variëteite van poppe en hulle word gemaak van 'n wye reeks materiale, afhangende van hul vorm en die beoogde gebruik. Hul konstruksie kan baie kompleks of baie eenvoudig wees. Die eenvoudigste poppe is vingerpoppe, klein soort poppe wat pas op 'n mens se vinger en sokkiepoppe, wat gevorm word uit 'n sokkie en bedryf word deur die insteek van 'n mens se hand binne-in die sokkie, die opening en sluiting van die hand simuleer die beweging van die marionet se "mond". 'n Handmarionet word beheer deur 'n hand binne-in die marionet en beweeg die marionet rondom (Punch en Judy poppe is bekende voorbeelde van handpoppe). 'n "Lewendige handpop" is soortgelyk aan 'n handpop, maar is groter en vereis twee poppespelers vir elke marionet. Marionette word beheer deur 'n aantal snare en soms 'n sentrale staaf verbind aan 'n beheerstaaf van bo gehou deur die  poppespeler.

Poppekas is 'n baie ou vorm van teater wat terugdateer tot die 5de eeu v.C. in Antieke Griekeland. Sommige vorme van poppespel het tot so lank gelede as 3000 jaar v.C. ontstaan. Poppespel neem baie vorms aan, maar almal deel die proses van animasie, wat lewelose voorwerpe gebruik om 'n storie te vertel. Poppekas word gebruik in byna alle menslike samelewings as vermaak – in vertonings – en seremonieël in rituele en feeste soos karnavalle.[1]

  1. Strings, Hands, Shadows: A Modern Puppet History, John Bell, Detroit Institute of Art, 2000

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search