Protis

Protiste
Tydperk: Neoproterosoïes – Onlangs
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Protista

Haeckel, 1866
Tipiese fila

Protiste is eensellige eukariote. Die bekendste protiste sluit in amoebas, Plasmodium spp., Giardia spp. en die Dinoflagellate, die organismes wat rooigety veroorsaak. Verskeie evolusieteorieë gaan van die veronderstelling uit dat hoër plante en diere uit hierdie primitiewe organismes ontwikkel het. Van die bykans 45 000 bekende spesies word 20 000 slegs in fossielvorm op aarde gevind. Eenselliges kom oral op aarde voor, en die plankton in die oseane huisves 'n groot aantal eenselliges. Ander spesies voer weer 'n parasitiese bestaan in ongewerwelde en gewerwelde diere. Eenselliges van die genus Trypanosoma is veral vir die mens van belang omdat die draers van tropiese slaapsiekte tot hierdie genus behoort. Ook malaria word deur 'n eensellige parasiet veroorsaak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search