Pseudepigraaf

’n Pseudepigraaf (van die Griekse ψευδής, pseudḗs, "vals", en ἐπιγραφή, epigraphḗ, "naam", "inskripsie" of "toeskrywing"; saamgevoeg beteken dit dus "vals opskrif of titel")[1] dui daarop dat ’n boek of ander geskrif onder ’n vals naam of skuilnaam geskryf is. Baie geskrifte, veral uit die oudheid, word aan ’n sekere persoon toegeskryf, terwyl iemand anders dit eintlik geskryf het.[2]

Dikwels beteken dit ’n geskrif is onder die naam van ’n gesaghebbende figuur geskryf om dit groter gesag te gee. Soms word ’n werk deur ander per ongeluk aan ’n sekere persoon toegeskryf. Die aanduiding sê niks oor die inhoud van die werk nie.

  1. Henry George Liddell; Robert Scott (1940). "ψευδεπίγραφος". A Greek-English Lexicon. Trustees of Tufts University, Oxford. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Januarie 2021. Besoek op 17 Julie 2018.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  2. "Pseudepigraphy". Merriam-Webster. Besoek op 17 Julie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search