Psigiatrie

Psigiatrie is dié vertakking van geneeskunde wat bemoeid is met die wetenskap en praktyk van die behandeling van kognitiewe, emosionele, of gedragsversteurings. (Sien geestesversteuring.) 'n Psigiater is gemagtig om met die bepaalde mediese opleiding medisyne aan die pasiënt voor te skryf. Daarteenoor is 'n sielkundige iemand wat in die vakgebied sielkunde bekwaam is. 'n Kliniese sielkundige is gespesialiseerd in psigoterapie, en kan nie medisyne voorskryf nie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search