Radiokoolstofdatering

Radiokoolstofdatering, of koolstof 14-datering, word algemeen deur veral argeoloë gebruik om die ouderdom van voorwerpe te bepaal wat jonger as 50 000 jaar is (laat-Kwartêr en Holoseen), en koolstof in hulle samestelling bevat. Hierdie voorwerpe sluit houtskool, hout, been, stuifmeel, skulpe, grondwater en kalkreet in.

Daar bestaan ’n algemene wanopvatting dat koolstof 14-datering gebruik kan word om die ouderdom van die aarde te bepaal. Dit is egter onmoontlik aangesien die halfleeftyd van die koolstof-14 (14C)-isotoop net sowat 5 715 jaar is, en dus slegs geskik is om ouderdomme van sowat 50 000 jaar of minder te bepaal. Radiodateringsmetodes waarmee geologiese tyd gemeet kan word, sluit uraan-lood (U/Pb)-, kalium-argon (K/Ar)- en rubidium-stronsium ( Rb/Sr)-radiodatering in. Hierdie tegnieke is geskik vanweë die baie lang halfleeftyd van die moederelemente.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search