Ripuaries

Ripuaries (Ripoarisch)
Gepraat in: Vlag van België België
Vlag van Duitsland Duitsland
Vlag van Nederland Nederland 
Gebied: in Duitsland:
Noordryn-Wesfalen, Rynland-Palts
Totale sprekers: 900 000
Taalfamilie: Indo-Europees
 Germaans
  Wes-Germaans
   Duits
    Middelduits
     Middelfrankies
      Ripuaries (Ripoarisch)
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: ksh
Die Ripuariese dialekgebied in blou. In ligblou die Nederlandse gebied waar 'n dialek met dieselde kenmerk gepraat word. Die Hertogenbos van België is dunbevolk sodat daar geen taalgrens te onderskei is nie.
- DIE MAAS-RYNSE TAALLANDSKAP -
Die Maas-Rynse (Limburgs-Nederrynse) dialekkontinuum

Ripuaries (ook Ripuaries-Frankies genoem, of Ripoarėsch in die volksmond) is 'n Germaanse dialekgroep, deel van die Wes-Sentraal-Germaanse taalgroep. Tesame met die Moeselfrankiese en Luxemburgse taal, behoort Ripuaries aan die groter Sentraal-Frankiese dialekfamilie en ook aan die Rynlandse linguistiese kontinuum met die Nederfrankiese tale.

Dit word gepraat in die Rynland suid van die Benrathlyn, van noordwes van Düsseldorf en Keulen tot by Aken in die weste, en Waldbröl in die ooste. Die taalgebied omvat ook die noorde van die Duitssprekende Belgiese gemeenskap benewens die suidelike rand van die Limburgprovinsie van Nederland, veral Kerkrade (Kirchroa). Die naam is afgelei van die Ripuariese Franke (Rheinfranken), wat hulself vanaf die 4de eeu in die area gevestig het.

Die mees beroemde daarvan is Kölsch, die plaaslike dialek van Keulen. Dialekte wat aan die Ripuariese groep behoort verwys byna altyd na hulself as Platt, byvoorbeeld Öcher Platt (van Aken) of Eischwiele Platt (van Eschweiler), Bocheser Platt (van Bocholtz) of Bönnsch Platt (van Bonn). Meeste van die meer as honderd Ripuariese dialekte is verbonde aan 'n spesifieke nedersetting of munisipaliteit. Gewoonlik is daar klein maar opvallende verskille tussen aanliggende dialekte (wat maklik deur die plaaslikes uitgewys word), en toenemend groter verskille by meer afgeleë dialekte. Hierdie oorgange word beskryf deur 'n stel isoglosse, wat in linguistiek die Rynlandse waaier genoem word. Sprekers se spraak, selfs as hulle nie Ripuaries besig nie, stel mens in staat om hulle herkoms presies na te speur na 'n nedersetting of stadsoord waar hulle die taal aangeleer het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search