Saiga | |
---|---|
![]() | |
'n Ram in die Stepnoi Natuurreservaat van Astrachan-oblast, Rusland | |
![]() | |
'n Ooi in die Askania-Nova | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Mammalia |
Orde: | Artiodactyla |
Familie: | Bovidae |
Subfamilie: | Antilopinae |
Tribus: | Saigini |
Genus: | Saiga Gray, 1843 |
Spesie: | S. tatarica
|
Binomiale naam | |
Saiga tatarica (Linnaeus, 1766)
| |
Subspecies | |
| |
![]() | |
Gerekonstrueerde omvang (wit) en huidige verspreiding van die twee subspesies
Saiga tatarica tatarica (groen) en S. t. mongolica (rooi). | |
Sinonieme[2] | |
Lys
|
Die saiga (Saiga tatarica) is 'n wildsbok wat gedurende die oudheid 'n uitgestrekte gebied van die Eurasiese steppe bewoon het, wat strek oor die voorheuwels van die Karpate in die noordweste en die Kaukasus in die suidweste tot in Mongolië in die noordooste en Dzungaria in die suidooste. Gedurende die Pleistoseen het dit oor die mammoetsteppe van die Britse Eilande tot Beringia gestrek. Vandag kom die dominante subspesie (S. t. tatarica) net in Kalmykië en Astrachan-oblast van Rusland en in die Oeral-, Ustyurt- en Betpak-Dala-streke van Kasakstan voor. 'n Gedeelte van die Ustyurt-bevolking migreer suid na Oesbekistan en soms na Turkmenistan in die winter. Dit is streeks-uitgestorwe in Roemenië, Oekraïne, Moldawië, China en suidwestelike Mongolië. Die Mongoolse subspesie (S. t. mongolica) kom slegs in Wes-Mongolië voor.[3][4]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search