Sandsteen

Die bekende Brandwagrots by die Golden Gate Hoogland Nasionale Park naby Clarens is 'n sandsteen wat hoofsaaklik deur eoliese prosesse (wind) gevorm is.

Sandsteen is 'n klastiese sedimentêre gesteente wat bestaan uit korrels mineraal, rots of organise materiaal met 'n korrelgrootte wat wissel tussen 1/16mm en 2 mm, en 'n middel bevat wat die korrels aan mekaar vas sement. Dit mag ook 'n matriks van slik of klei grootte partikels bevat wat die spasies tussen die korrels vul.

Die meeste sandstene bestaan egter uit kwarts of veldspaat aangesien dit die algemeenste minerale in die aardkors is, en as gevolg van hulle groter chemiese stabiliteit onder atmosferiese toestande. Die matriks is die fyn materiaal wat tydens afsetting saam met die korrels afgeset is. Die sement is die mineraal materiaal wat na afsetting bygekom het (bv. opgelos in water) wat die korrels aan mekaar vasbind.

Sandsteen kan fyner of growwer materiaal bevat, maar as dit meer as 30% gruis of rolstene bevat, word dit as 'n konglomeraat of breksie geklassifiseer.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search