Semen

Spermselle, in hierdie geval menslik, is ’n primêre bestanddeel van normale semen en die deel wat die vroulike eiersel bevrug.

Semen is ’n taai, witterige uitskeiding van die manlike geslagsorgane. Dit bevat spermselle en bestaan uit afskeidings van die testikels, saadblasies, prostaat en Cowper se kliere. Dit word ook seminale vloeistof genoem.

Die semen van ’n individu wat geen siektes bevat nie, is onskadelik wanneer dit met die vel in kontak kom of ingesluk word. Semen kan wel die oordrag van seksueel oordraagbare infeksies soos MIV/vigs veroorsaak.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search