Shangdu

Shangdu*
Unesco-wêrelderfenisterrein

Shangdu (hier "Ciandu", soos Marco Polo dit gespel het) op ’n Franse kaart van Asië uit 1650. In dié tyd was Shangdu reeds drie eeue lank in puin.
Lande Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
(Binne-Mongolië)
Tipe Kultureel
Kriteria ⅰ,ⅱ,ⅳ,ⅵ
Verwysings 1389
Streek Asië
Inskripsiegeskiedenis
Inskripsie 2012  (36ste Sessie)
* Naam soos dit in die Wêrelderfenislys verskyn.
Streek soos deur Unesco geklassifiseer.
Shangdu ruins

Shangdu (Chinees: 上都, "Boonste Hoofstad"), ook bekend as Xanadu (Mongools: Šandu), was die hoofstad van Koeblai Khan se Yuan-dinastie in China voordat hy besluit het om sy troon na die Jin-dinastie se hoofstad, Zhōngdū (中都, "Middelste Hoofstad") te skuif. Hy het dit toe hernoem tot Khanbaliq; dit is die hedendaagse Beijing. Shangdu het toe sy somerhoofstad geword.

Die Venesiese reisiger Marco Polo het Shangdu omstreeks 1275 besoek, en in 1369 is die stad deur die Ming-leër onder Zhu Yuanzhang verwoes.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search