Skulpromp

Die skulpromp is 'n vervaardigingstegniek waar die romp van die vaartuig (motor of vliegtuig) die strukturele lading van die vaartuig dra. Dit staan in teenstelling met die interne raamwerk (onderstel) wat dan met 'n nie-lasdraende romp bedek word. Die skulpromp is in die 1930's vir die eerste keer in vliegtuigvervaardiging aangewend. 'n Verwante tegniek in motorvervaardiging is waar die motorvoertuig se onderstel en die romp in 'n enkele eenheid geïntegreer word eerder as om 'n afsonderlike romp op die raamwerk te bou. Hierdie vervaardigingstegniek is vandag die oorheersende metode in motorvoertuigvervaardiging.

Deperdussin Monocoque
Uitstekende voorbeeld van 'n skulpromp

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search