Slowakye

Slowaakse Republiek
Slovenská republika (Slowaaks)
Vlag van Slowakye Wapen van Slowakye
Vlag Wapen
Volkslied: Nad Tatrou sa blýska
(Slowaaks vir: "Weerlig oor die Tatra")
Ligging van Slowakye
Hoofstad Bratislava

48°09′N 17°07′O / 48.150°N 17.117°O / 48.150; 17.117

Grootste stad Bratislava
Amptelike tale Slowaaks
Regering Unitêre parlementêre
grondwetlike republiek
Zuzana Čaputová
Robert Fico
Onafhanklikheid
Eerste Tsjeggo-Slowaakse Republiek
• Tweede Tsjeggo-Slowaakse Republiek
• Outonome Land Slowakye
binne Tsjeggo-Slowakye
• Eerste
Slowaakse Republiek
• Derde Tsjeggo-Slowaakse Republiek
• Vierde Tsjeggo-Slowaakse Republiek
• Tsjeggo-Slowaakse
Sosialistiese Republiek
• Slowaakse
Sosialistiese Republiek
• Slowaakse Republiek
• Ontbinding van Tsjeggo-Slowakye
van Oostenryk-Hongarye
28 Oktober 1918
30 September 1938

23 November 1938
Nazi-Duitse vasal
14 Maart 1939
24 Oktober 1945
1948

11 Julie 1960

1 Januarie 1969
1 Maart 1990
1 Januarie 1993
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
49 035 km2  (127ste)
18 933 myl2
0,72 (2015)[1]
Bevolking
 - 2024-skatting
 - 2021-sensus
 - Digtheid
 
5 728 958[2] (117de)
5 449 270[3]
111 / km2 (88ste)
287,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$240,650 miljard[4] (70ste)
$44 259[4] (46ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2024-skatting

$145,250 miljard[4] (62ste)
$26 714[4] (43ste)

MOI (2021) 0,848[5] (45ste)  –  baie hoog
Gini (2022) 21,2[6](8ste) –  laag
Geldeenheid Euro (€) (EUR)
Tydsone
 - Somertyd
MET (UTC+1)
MEST (UTC+2)
Internet-TLD .sk
Skakelkode +421

Slowakye (Slowaaks: Slovensko, [ˈsloʋensko], ), amptelik die Slowaakse Republiek (Slovenská republika, [ˈsloʋenskaː ˈrepublika], ), is 'n landingeslote land en jong republiek in Sentraal-Europa wat op 1 Januarie 1993 met die ontbinding van Tsjeggo-Slowakye gevorm is.

'n Ongewone argitektoniese huldeblyk aan die Europese Unie: Op die stadjie Komárno se Europaplein het huise ontstaan wat die tipiese boukuns van alle EU-lidlande uitbeeld

Die land word begrens deur Tsjeggië (die tweede opvolgerstaat van Tsjeggo-Slowakye) in die weste, Pole in die noorde, Oekraïne in die ooste, Hongarye in die suide en Oostenryk in die suidweste. Die hoofstad Bratislava is ook die grootste nedersetting in die land.

Die land is grotendeels bergagtige gebied, wat tydens die twintigste eeu 'n geheel gevorm het met die taalkundige en kulturele nou-verwante Tsjeggië, wat egter 'n heel ander ontwikkeling meegemaak het. Tussen die laat 5de en vroeë 6de eeu n.C. het Slawiërs hulle in die gebied gevestig. Hul vroegste politieke entiteit was die 7de eeuse Ryk van Samo, 'n Frankiese koopman. Later was Slowakye een van die kerngebiede van die vroeg-Middeleeuse Morawiese Ryk.

Slowakye het vanaf die 10de eeu die noordelike deel van die Koninkryk Hongarye gevorm. Ná die Mongole-inval van 1241 het Duitse setlaars hulle in die gebied gevestig. Saam met Hongarye het Slowakye in 1526 deel van die Habsburgse monargie, in 1804 van die Keiserryk Oostenryk en in 1867 van die Oostenryks-Hongaarse dubbelmonargie geword. Die emansipasie van die Slowaakse volk, wat vir die grootste deel van sy geskiedenis onder Hongaarse bewind was, het betreklik laat ontwikkel, en eers vanaf die 16de eeu het die Slawiese bewoners na hulself as Slowake begin verwys.

Slowakye was tot in die 18de eeu 'n gebied van groot politieke, ekonomiese en kulturele belang vir Hongarye, veral nadat baie ander landsdele deur die Ottomaanse Ryk beset is. Hongaarse konings is in Bratislava gekroon, terwyl Sentraal-Slowakye tot 'n beduidende mynbougebied ontwikkel het. Nog tot die middel van die 19de eeu was Slowakye die mees ontwikkelde streek in Hongarye. Die industrialisering van die gebied was egter beperk tot enkele streke en het ook nie gepaard gegaan met 'n verstedelikingsproses nie. Die landelike karakter van Slowakye het sodoende bewaar gebly.

'n Nasionale Slowaakse beweging het gaandeweg in die 19de eeu ontstaan, alhoewel baie Tsjegge die Slowaakse volk indertyd nie as 'n selfstandige nasie erken het nie. Gewoonlik is hulle as deel van die Tsjeggiese volk beskou.

Slowakye is tans een van die lidstate van die Europese Unie. Die bevolking het op 18 Mei 2003 in 'n referendum vir toetreding gestem. Dit het uiteindelik plaasgevind op 1 Mei 2004. Sedert 29 Maart 2004 is Slowakye ook 'n lidstaat van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (NAVO).

  1. (en) "Surface water and surface water change". OESO. Besoek op 6 Maart 2024.
  2. (en) "Slovakia Population 2024 (Live)". World Population Review. Besoek op 6 Maart 2024.
  3. (en) "2021 Population and Housing Census". Slowaakse Statistiekkantoor. Besoek op 6 Maart 2024.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Slovak Republic". Internasionale Monetêre Fonds. Oktober 2023. Besoek op 6 Maart 2024.
  5. (en) "Human Development Report 2021/2022" (PDF). United Nations Development Programme. 2021. Besoek op 6 Maart 2024.
  6. (en) "Gini coefficient of equivalised disposable income – EU-SILC survey". Eurostat. Besoek op 6 Maart 2024.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search