Soutsuur

Chemiese model
Resonansie-ruimtegevulde model van waterstofchloried, met die atome benoem
BYTEND – GEVAARLIK
Soutsuur (30-33%) is 'n kleurlose vloeistof.

Soutsuur is 'n oplossing van waterstofchloried (HCl) in water. Buite die chemiese vakgebied word die term "soutsuur" gebruik om na hierdie oplossing sowel as HCl te verwys.

By kamertemperatuur is waterstofchloried 'n gas wat baie maklik in water oplos – hoe warmer dit is, hoe makliker los dit op. Die resulterende soutsuur is 'n sterk suur wat vir verskeie doeleindes aangewend word: van die chemiese nywerheid, waar dit byvoorbeeld gebruik word in die vervaardiging van PVC-plastiek, tot huishoudelike gebruike, soos skoonmaak. Dit word ook van nature in maagsuur aangetref.

Wanneer dit egter met ʼn basis verbind, vorm dit 'n stof (natriumchloried of sout) wat heeltemal onskadelik is. Dit word veral vir die bereiding van koolstofverbindings en die ekstraksie van metale gebruik. Die oplossing van chloorwaterstof in water word chloorwaterstofsuur of soutsuur genoem.

Soutsuurgas is 'n prikkelende (skerpruikende), kleurlose gas wat in vogtige lug soutsuurdruppels vorm. Soutsuur los goed op in water, metanol, etanol en esters, en het die volgende eienskappe:

kookpunt    383 K (110 °C)

vriespunt    129 K (- 144 °C)

digtheid      1,639 kg/m3 by 0 °C en 100 kPa

In die natuur kom soutsuur in vulkaniese gasse, in sommige riviere en ook in die maag voor. Dit is 'n sterk suur wat maklik en soms heftig met basisse en chloriede reageer. 'n Groot aantal metale kan in soutsuur oplos onder die vorming van chloried en waterstofgas. ʼn Legering wat egter daarteen bestand is, is lood met 10 tot 25 % antimoon en titaan-sirkoon-legerings. Glas en steen is ook daarteen bestand.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search