Stadsregte

Stadsregte het in Europa oorspronklik na die keiserlike of vorstelike voorreg verwys waardeur aan 'n nedersetting stadstatus toegeken is. Later is die term dikwels sinoniem gebruik vir die besondere regte wat aan stadstatus verbonde is, veral in teenstelling met die reg van landelike gebiede wat deur die plaaslike heersers bepaal is.

Die stadsregte wat vanaf die Middeleeue in Sentraal-Europa aan nedersettings toegeken is, het hulle oorsprong in Italiaanse voorbeelde wat by die Romeinse tradisie van stedelike selfbestuur aangesluit het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search