Stasi

Seël van die Ministerie vir Staatsveiligheid
Seël van die Ministerie vir Staatsveiligheid

Die Ministerie vir Staatsveiligheid (Duits: Ministerium für Staatssicherheit, MfS), algemeen bekend as die Stasi (afkorting vir Staatssicherheit, letterlik Staatsekuriteit), was die amptelike staatsveiligheidsdiens van Oos-Duitsland (DDR). Die Stasi se hoofkwartier was in Oos-Berlyn met ’n uitgebreide kompleks in Lichtenberg en verskeie kleiner fasiliteite regdeur die stad. Dit is algemeen beskou as een van die effektiefste en mees onderdrukkende intelligensie- en geheime polisie-agentskappe in die wêreld. Die Stasi se leuse was “Schild und Schwert der Partei” (Skild en Swaard van die Party), die regerende Sosialistiese Eenheidsparty van Duitsland (SED). Deesdae word dit beskou as ’n kriminele organisasie en verskeie Stasi-offisiere is vervolg vir hul misdade na 1990.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search