Stoomlokomotief

'n Suid-Afrikaanse Klas 25-stoomlokomotief met 'n 4-8-4-wielrangskikking
'n Antieke lokomotief op 'n uitstappie van stoomentoesiaste in Ardingly, Engeland.
Weens die groter reisafstande in Noord-Amerika moes kragtiger stoomlokomotiewe vir sneltreindienste ontwikkel word soos Pennsylvania Railroad se gestroomlynde 4100-kilowatt-T1-klas wat in 1942 ingevoer is - met 'n 4-4-4-4-wielrangskikking, 'n lengte van 37,43 meter en 'n gewig van 227,8 ton. Die dryfwiele se deursnee was 2032 millimeter
Die vuurkas van 'n stoomlokomotief. Die vuur het 'n temperatuur van 1 370 °C[1]

'n Stoomlokomotief is 'n lokomotief wat deur stoomkrag aangedryf word. Stoom word opgewek deur water in 'n stoomketel deur middel van 'n steenkoolvuur te verhit. Die stoom se druk laat 'n suier heen en weer beweeg. 'n Stang, wat aan die suier en die lokomotief se wiele verbind is, word sodoende in die rondte gedraai, wat die trein vorentoe stoot.

Die eerste stoomlokomotief is deur Richard Trevithick gebou om ystererts by 'n ystergietery in Wallis te vervoer. Die lokomotief het egter op 'n pad, en nie op 'n spoor gery nie.

Stoomlokomotiewe is hoofsaaklik tussen omstreeks 1830 en 1970 gebruik. Daarna het diesel- en elektriese lokomotiewe meer gebruiklik geraak. Vandag word dit hoofsaaklik in ontwikkelende lande, waar die spoorlyne nog nie geëlektrifiseer is nie, gebruik.

  1. Handbook for Railway Steam Locomotive Enginemen (PDF) (in Engels). British Transport Commission. 1957. p. 24. in the neighbourhood of 2500°F

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search