'n Strofe is 'n onderdeel van 'n gedig en bevat gewoonlik 'n sekere gedagte-eenheid. Die uiterlike kenmerk van die strofe is dat daar 'n leë reël (of sogenaamde witreël) voor en na die strofe is.
'n Strofe in 'n gedig kan vergelyk word met 'n paragraaf in 'n teks. Die strofe word ook soms 'n vers genoem, al is dit baie verwarrend, omdat met 'n vers gewoonlik verwys word na éen reël. In 'n liedteks word die strofe ook 'n koeplet genoem om dit van die refrein te onderskei. Die woord strofe kom van die Griekse woord στροφη en beteken letterlik "wending".[1][2]
Besondere vorme van die strofe het aparte name. So heet
Oor die algemeen staan 'n strofe van vyf of meer reëls bekend as 'n stanza.[3]
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search