Sunzi

Sunzi
Standbeeld van Sunzi in Yurihama, Tottori, Japan
Gebore544 v.C. (tradisioneel)
Qi-staat
Sterf496 v.C. (tradisioneel)
NasionaliteitChina
Beroepgeneraal, militêre strateeg en filosoof
Bekend virDie krygskuns
Webwerfcharlieduke.net

Sunzi of Sun Tzu (Chinees: 孙子)) (Huimin, omstreeks 544 vC – ?, omstreeks 496 vC) was 'n Chinese generaal, militêre strateeg, en filosoof wat in die tydperk van die Lente en die Herfs van antieke China gelewe het. Sunzi word tradisioneel geag as die outeur van Die krygskuns, wat invloedryk in beide die Ooste en Weste was. Hy word vandag nog as 'n legendariese historiese figuur in dele van Asië gesien. Sunzi se geboortenaam was Sun Wu en hy het buite sy familie as Tsjantsjing bekend gestaan. In die Weste staan hy vernaamlik as Sunzi of Sun Tzu bekend, wat "Meester Sun" beteken. Sunzi is die Pinyin-transliterasie en Sun Tzu is die Wade-Giles-transliterasie.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search