Swaartegolf

Animasie

Swaartegolwe of swaartekraggolwe is golwe in 'n voorwerp se swaarteveld, of anders gestel is dit 'n vervorming van ruimtetyd wat soos 'n golf van 'n voorwerp uitgestuur word. Swaartegolwe ontstaan deur die vernselling van 'n massa. Die golwe is egter baie klein en moeilik waarneembaar, wat daartoe aanleiding gegee het dat dit bykans honderd jaar geduur het van hul teoretiese voorspelling tot hul eerste eksperimentele waarneming.

In Newton se teorie word 'n verandering in die swaarteveld oombliklik regdeur die heelal gevoel, maar in die relatiwiteitsteorie kan geen kousale effek vinniger as die ligsnelheid voortplant nie. Die krommingstensor van die swaartekrag bevredig die golfvergelyking. Dit volg dan dat die versteuring van die swaarteveld teen ligsnelheid deur die ruimte sal voortplant. Hierdie voortplantende versteuring word 'n swaartegolf genoem.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search