Swakopmund

Swakopmund
Stadsprofiel van Swakopmund
Stadsprofiel van Swakopmund
Vlag van Swakopmund
Vlag
Ligging van Swakopmund in Erongo
Ligging van Swakopmund in Erongo
Ligging van Swakopmund in Erongo
Land Namibië
Streek Erongo
Munisipaliteit Stad van Swakopmund Munisipaliteit
Regering
 - Burgemeester P.N.D. Nashilundo
Oppervlakte
 - Totaal 112,9 km² (43,6 myl²)
Bevolking (2011)
 - Totaal 44 725
 - Digtheid 200/km² (518/myl²)
Tydsone Suid-Afrikaanse Standaardtyd (UTG+2)
Areakode(s) +264 (0)64
Webwerf: http://www.swkmun.com.na/

Swakopmund is 'n dorp in Namibië met 'n oppervlak van 112,9 vierkante kilometer en 'n geskatte bevolking van 44 725 (2011), wat in 1892 as die hoofhawe van die destydse Duitse kolonie Suidwes-Afrika gestig is. Dit is aan die mond van die Swakoprivier aan die Atlantiese Oseaan geleë, sowat 40 km noord van Walvisbaai (voorheen 'n Suid-Afrikaanse enklawe) en 378 km wes van die hoofstad, Windhoek.

'n Lugfoto van Swakopmund

Swakopmund staan bekend as een van die besbewaarde voorbeelde van Duitse art déco-argitektuur ter wêreld. Die dorp is ook al die "Durban van Suidwes" genoem, omdat dit reeds sedert die Duitse koloniale tydperk Namibië (vroeër Suidwes-Afrika) se gewildste vakansieoord aan die kus is. Dit val sedert die onafhanklikheidswording van die land in die administratiewe distrik Erongo.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search