Tor-M1

'n 9K330 Transport rigtinglanseerder en radar. Foto uit Field Artillery Magazine.

Die Tor missielstelsel (Russies: torsus Tor; Afrikaans: top) is 'n kortafstand, laag- tot medium hoogte grond-tot-lugmissiel verdedigingstelsel, waarmee vliegtuie, helikopters, missiele, bomme, onbemande vliegtuie (soos die Suid-Afrikaanse Seaker-II) en ballistiese missiele neergeskiet kan word. Die Russiese GRAU naam vir die eerste produksiemodel is 9K330, maar by NAVO staan dit bekend as die SA-15 Gauntlet en die SA-N-9 Gauntlet (die skeepsgelanseerde weergawe).

Dit is 'n verdedigingstelsel wat teikens onder enige weersomstandighede dag of nag kan neerskiet. Die Tor-stelsel kan vliegtuie en die gelanseerde bomme/missiele van 'n vyandige vliegtuig neerskiet voor die vyandige bomme skade kan aanrig.

Die Tor is 'n lugmobiele eenheid, dit kan in 'n transportvliegtuig vervoer word en is toegerus met filtreerstelsels om beskerming teen kern-, biologiese- en chemiese aanvalle te bied.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search