Tsjeggies

Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tsjegge.
Tsjeggies
čeština 
Uitspraak: [ˈt͡ʃɛʃcɪna]
Gepraat in: Flag of the Czech Republic Tsjeggië
Vlag van Oostenryk Oostenryk
Vlag van Roemenië Roemenië
Vlag van Slowakye Slowakye
Vlag van Kroasië Kroasië
Vlag van Serwië Serwië 
Gebied: Midde-Europa
Totale sprekers: 10,6 miljoen (moedertaal)
2,5 miljoen (tweede taal)[1] 
Rang: 70
Taalfamilie: Indo-Europees
 Slawies
  Wes-Slawies
   Tsjeggo-Slowaaks
    Tsjeggies 
Skrifstelsel: Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Flag of Europe Europese Unie
Flag of the Czech Republic Tsjeggië
Gereguleer deur: Instituut vir Tsjeggies
Taalkodes
ISO 639-1: cs
ISO 639-2: ces
ISO 639-3: ces 
Verspreiding van Tsjeggies

Tsjeggies (čeština [ˈt͡ʃɛʃcɪna], český jazyk) is 'n Wes-Slawiese taal wat deur sowat 13,2 miljoen mense gepraat word. Tsjeggies word veral in Tsjeggië (10,5 miljoen inwoners), maar ook in die buurlande (spesifiek Slowakye en Oostenryk) en lande met baie Tsjeggiese immigrante, soos die Verenigde State en Kanada, gepraat. Sedert 1 Mei 2004 is Tsjeggies een van die amptelike werktale van die Europese Unie.

Tsjeggies is onder die Wes-Slawiese tale die nouste verwant aan Slowaaks, gevolg deur Opper-Sorbies en Pools. Weens Tsjeggies se nou verwantskap aan Slowaaks kan Slowake en Tsjegge mekaar maklik verstaan. Amptelike dokumente wat in die een land se ampstaal uitgereik word, word in die ander land outomaties erken. Televisieprogramme word sonder vertaling of ondertitels uitgesaai. Die jongste generasie Tsjegge en Slowake vind dit wel moeiliker om mekaar te verstaan aangesien daar ná die ontbinding van Tsjeggo-Slowakye in 1993 nie meer daaglikse kontak met mekaar se tale is nie.[2]

  1. "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Czech" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Junie 2020. Besoek op 5 Mei 2016.
  2. "Slowakisch ist für junge Tschechen eine Fremdsprache" (in Duits). Radio Praha. 27 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Mei 2020. Besoek op 5 Mei 2016.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search