Tuberkulose

Vrywaring: Die mediese inligting verskaf op Wikipedia dien slegs as 'n riglyn en dra geen waarborg van feitelike korrektheid nie.
Enige vrae of klagtes oor u persoonlike gesondheid behoort na 'n dokter verwys te word.
Tuberkulose
Klassifikasie en eksterne bronne
’n X-straal van ’n persoon met gevorderde tuberkulose. Die infeksie in albei longe word met wit pyltjies aangedui, en ’n gat wat ontstaan met swart pyltjies.
’n X-straal van ’n persoon met gevorderde tuberkulose. Die infeksie in albei longe word met wit pyltjies aangedui, en ’n gat wat ontstaan met swart pyltjies.
ICD-10 A15A19
ICD-9 010018
OMIM 607948
DiseasesDB 8515
MedlinePlus   000077
eMedicine med/2324
MeSH D014376
Mediese waarskuwing

Tuberkulose, ook genoem TB (afkorting vir Tuberkel-basillus), phthisis, en tering, is 'n algemene en dodelike infektiewe siekte. Dit is verantwoordelik vir ongeveer 2–3 miljoen sterftes per jaar uit ongeveer 9–10 miljoen gevalle en kom veral voor in onderontwikkelde, tropiese lande.

'n Skanderende mikrograaf van Mycobacterium tuberculosis
Ongeskiktheids-aangepaste lewensjaar vir tuberkulose per 100 000 inwoners in 2004:[1]

   Geen data

   ≤10

   10–25

   25–50

   50–75

   75–100

   100–250

   250–500

   500–750

   750–1000

   1000–2000

   2000–3000

   ≥3000

Sterftes weens tuberkulose per miljoen persone in 2012:

   0–3

   4–7

   8–16

   17–26

   27–45

   46–83

   84–137

   138–215

   216–443

   444–1 359

2009-wêreldkaart met Afrika suid van die Sahara in verskillende skakerings van geel, waarby die voorkoms van meer as 300 gevalle per 100 000 mense voorkom, en met die VSA, Kanada, Australië en Noord-Europa in skakerings van diepblou waar ongeveer 10 gevalle per 100 000 voorkom. Asië is geel, maar nie heeltemal so helder nie, wat voorkoms van ongeveer 200 per 100 000 aandui. Suid-Amerika is in donkergeel.[2]

Die longe word meestal aangetas (pulmonêre TB), maar verskeie ander stelsels en organe in die liggaam kan ook aangetas word. Hieronder tel die sentrale senuweestelsel, limfatiese stelsel, bloedsomloopstelsel, genito-urinêre stelsel asook been en gewrigte.

Meer as 'n derde van die wêreld se bevolking het die TB-bakterie in hul liggame en nuwe infeksies kom voor teen een per sekonde. Nie almal wat geïnfekteer is ontwikkel die siekte nie en dit kom voor as sg. latente TB-infeksie. Een uit tien van latente infeksie-gevalle sal ontwikkel tot 'n aktiewe siekte. Selfs in die ontwikkelde wêreld styg die voorkoms van die siekte weens ingekorte immuunstelsels a.g.v. immuunonderdrukkende middels, middelmisbruik of MIV/VIGS. Die toename in MIV-infeksie en die verwaarlosing van TB-beheerprogramme het TB-infeksies weer sterk laat toeneem.

  1. "WHO Disease and injury country estimates". Wêreldgesondheidsorganisasie. 2004. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Februarie 2014. Besoek op 11 November 2009.
  2. World Health Organization (2009). "The Stop TB Strategy, case reports, treatment outcomes and estimates of TB burden". Global tuberculosis control: epidemiology, strategy, financing. pp. 187–300. ISBN 978-92-4-156380-2. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 November 2009. Besoek op 14 November 2009. {{cite book}}: Onbekende parameter |chapterurl= geïgnoreer (hulp)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search