Uitstralingspunt

’n Diagram van ’n meteoorreën en sy uitstralingspunt, gemerk met "o".

Die uitstralingspunt van ’n meteoorreën is die punt in die lug van waar dit vir die waarnemer lyk die meteore kom.[1] Die Perseïdes is byvoorbeeld meteore wat lyk of hul oorsprong ’n sentrale punt in die sterrebeeld Perseus is.

’n Waarnemer sal ’n meteoor op enige plek in die lug sien, maar die rigting van die beweging as dit teruggespeur word, sal na die uitstralingspunt wys. ’n Meteoor wat nie na dié punt terugwys nie, word as "sporadies" beskou en dus nie deel van die reën nie.

Meteoorreëns se uitstralingspunt skuif in die tydperk waartydens dit gesien kan word vanweë die rotasie van die Aarde om sy as. Die uitstralingspunt van die Delta Aurigides skuif byvoorbeeld elke nag met meer as ’n graad.[2] Dit wissel ook effens van nag tot nag teen die agtergrondsterre vanweë die Aarde se wenteling om die Son.

  1. Earth Observatory Glossary: Radiant by Nasa.gov
  2. Lunsford, Robert (2008), Meteors and How to Observe Them, Astronomers' Observing Guides, Springer, p. 86, ISBN 0387094601, http://books.google.com/books?id=iu9XakR51EsC&pg=PA86&lpg=PA86 

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search