Universalisme

Universalisme is 'n sambreelterm vir 'n verskeidenheid godsdienstige, teologiese en filosofiese konsepte wat aanspraak maak op universele geldigheid en toepassing. Dikwels word dié term gebruik om na godsdienste te verwys wat oop staan vir enigeen en oor alle etniese, godsdienstige, nasionale en kulturele grense heen, of die proses waarvolgens die heelal teen die einde van die tyd in 'n harmoniese toestand sal verkeer, selfs al word dit, afhangende van 'n bepaalde godsdiens of filosofie, op heel verskillende maniere bereik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search