Vermensliking

'n Vermenslikte vos.

Vermensliking (ook personifikasie of die minder gebruikte antropomorfisme) verwys na enige toekenning van menslike eienskappe (of karaktereienskappe wat aangeneem word slegs aan mense toegeskryf kan word) aan nie-menslike diere, nie-lewende dinge, verskynsels, voorwerpe of ontasbare voorstellings (soos geeste of godhede). Diere en plante asook natuurkragte soos wind, reën of die son kan as skepsels met menslike beredeneringsvermoë of spraak uitgebeeld word.

Personifikasie toon 'n sterk ooreenkoms met die vergelyking, maar veral met die metafoor. Personifikasie is eintlik maar 'n vorm van die metafoor, maar met die bykomende eienskap dat wat ook al gemetaforiseer word, eintlik vermenslik word.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search