Vlakte

Berg Ararat in die Kaukasus, met die Ararat-vlakte in die voorgrond

Vlaktes is gelyk, die grond is gewoonlik vrugbaar en diep en ook nie baie klipperig nie. Dit is die gebiede wat die ontwikkeling van grootskeepse boerdery moontlik maak. Groot landerye kan sonder veel moeite aangelê word en besproeiing en meganisasie is maklik. Die riviere wat op vlaktes aangetref word, is gewoonlik breed en verander nie skerp van rigting nie. Die water vloei stadig en die riviere is standhoudend, sodat die water maklik vir besproeiing aangewend kan word.

Die vloei kan wel seisoensgewys verander, maar dit is nie so gevoelig vir weersveranderinge as by die bergstrome nie. Omdat hierdie riviere stadig vloei is hul erosiewerking nie so groot soos dig van die bergstrome nie en baie van die sediment wat deur bergstrome in hulle gestort word, word in hul lope afgeset. Die gevolg is dat die riviere se lope al hoe vlakker word en die rivierbodem naderhand bo die omringende landskap is. Hierdie riviere is bevaarbaar. In baie bergagtige streke is die inwoners verplig om hul boerdery op die hellings van steil valleie te beoefen. Omdat die grond baie klipperig is, en ook nie volop nie, word terrasse gemaak, waarop die gewasse dan geplant word.

Riviere in die berge vloei baie vinnig. Vanweë die ruwe topografie verander hulle dikwels en skerp van rigting, terwyl ook die hoeveelheid water wat hulle afvoer, baie wissel met wisselinge in die klimaat. Honderde sulke snelvloeiende riviertjies verenig gewoonlik om ‘n groter rivier, wat nie so vinnig vloei nie, te vorm. Die erosiewerking van hierdie riviertjies is groot en hulle vervoer 'n groot vrag sediment wat afgeset word sodra die water stadiger begin loop.

Die water in die riviertjies kan net met groot moeite en hoe koste vir besproeiing aangewend word. Sulke bergstrome is vanselfsprekend nie bevaarbaar nie. In bergagtige streke is die paaie -dikwels nou en vol skerp draaie. Die paaie kan ook net met die grootste moeite en koste aangelê word. Dikwels is die bouers verplig om tonnels deur die berg te grawe of brûe oor diep valleie te bou. Die instandhoudingskoste van die paaie is ook hoog.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search