Wrangeleiland

Wrangeleiland
Inheemse naam: Остров Врангеля
Geografie

Ligging Noordelike Yssee
Tsjoekotka
Koördinate 71°14′N 179°25′W / 71.233°N 179.417°W / 71.233; -179.417 Sien bo

Oppervlakte 7 600 km2
Hoogste punt Berg Sowjetskaja, 1 096 m
Administrasie
Vlag van Rusland Rusland
Federale Distrik Verre-Ooste

Die eiland is ’n Unesco-wêrelderfenisgebied

Wrangeleiland (Russies: О́стров Вра́нгеля, Ostrof Wrangelja) is ’n eiland aan die Oos-Siberiese kus in die Noordelike Yssee. Dit lê by die 180°-meridiaan. Die internasionale datumgrens is by dié lengtegraad ooswaarts geskuif sodat dit nie deur die eiland en deur die Tsjoekotka-skiereiland op die Russiese vasteland loop nie. Die naaste land aan Wrangeleiland is die klein, rotsagtige Heraldeiland 60 km oos daarvan.[1] Die naaste deel van die vasteland is 140 km van die eiland af.[2] Wrangeleiland is vermoedelik die laaste plek op aarde waar mammoete oorleef het.

  1. Kos,ko, M.K., M.P. Cecile, J.C. Harrison, V.G. Ganelin, N.V., Khandoshko en B.G. Lopatin, 1993, Geology of Wrangel Island, Between Chukchi and East Siberian Seas, Northeastern Russia. Bulletin 461, Geological Survey of Canada, Ottawa Ontario, 101 pp.
  2. Vartanyan, S.L.; Arslanov, Kh. A.; Tertychnaya, T. V.; Chernov, S. B. (1995). "Radiocarbon Dating Evidence for Mammoths on Wrangel Island, Arctic Ocean, until 2000 BC". Radiocarbon. Department of Geosciences, The University of Arizona. 37 (1): 1–6. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2007. Besoek op 10 Januarie 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search