Wylie-transliterasie

Hierdie bladsy bevat Tibettaanse skrif. Sonder die regte lettertipe sal jy blokkies of snaakse tekens sien.

Wylie-transliterasie is ’n metode vir die transliterasie van Tibettaanse skrif met net die letters wat op ’n tipiese Engelse tikmasjien beskikbaar is. Dit is deur Turrell V. Wylie beskryf in die artikel A Standard System of Tibetan Transcription, wat in 1959 gepubliseer is.[1] Dit het sedertdien ’n standaard-transliterasiestelsel in Tibettaanse studies geword, veral in Amerika.

Enige stelsel om Tibettaans in Latynse letters te skryf, kry te doen met ’n dilemma: die keuse om óf die klank óf die spelling korrek weer te gee. Dié twee metodes verskil aansienlik omdat die spelling in die 11de eeu gestandaardiseer is, maar die uitspraak voortdurend verander.

In vorige skemas is albei metodes gekombineer, wat daartoe gelei het dat nie een van die beoogde doele bereik is nie. Wylie-transliterasie is op die spelling gebaseer, en dit is die rede hoekom dit in akademiese en historiese studies aanvaar word. Dit gee glad nie die uitspraak van Tibettaanse woorde weer nie.

  1. Wylie, Turrell V. (Desember 1959). "A Standard System of Tibetan Transcription". Harvard Journal of Asiatic Studies. Harvard-Yenching Institute. 22: 261–267. doi:10.2307/2718544. JSTOR 2718544.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search