Johann Georg Christian Lehmann (25 Februarie 1792 – 12 Februarie 1860) was 'n Duitse plantkundige. Lehmann is in Haselau, naby Uetersen, Sleeswyk-Holstein gebore. Lehmann studeer geneeskunde in Kopenhagen en Göttingen en behaal 'n doktorsgraad in geneeskunde in 1813 en 'n doktorsgraad in filosofie aan die Friedrich-Schiller-Universität in Jena in 1814. Daarna word hy 'n professor in fisika en natuurwetenskap, asook hoofbibliotekaris, aan die Gimnasium Academicum in Hamburg. Hy was 'n produktiewe wetenkaplike met 'n skynbare bakleierige karakter. Hy was lid van 26 akademiese verenigings en die stigter van die Hamburg Botaniese Tuin, vandag bekend as die Loki-Schmidt-Garten, de:Loki-Schmidt-Garten. Lehmann is in 1860 in Hamburg oorlede. Die standaardafkorting Lehm. word gebruik om in botaniese verwysings na hierdie individu as outeur te verwys.
© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search