10 results found for: “twitter”.

Request time (Page generated in 0.1931 seconds.)

Twitter

X, voorheen bekend as Twitter, is 'n sosiale netwerk- en mikrojoernaaldiens wat gebruikers in staat stel om boodskappe, bekend as tweets, te versend en...

Last Update: 2023-11-07T22:54:49Z Word Count : 739

View Rich Text Page View Plain Text Page

Dean Macpherson

Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie. Dean Macpherson op Twitter Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit...

Last Update: 2021-01-29T13:50:07Z Word Count : 40

View Rich Text Page View Plain Text Page

Dianne Kohler Barnard

Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die DA. Dianne Kohler Barnard op Twitter Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit...

Last Update: 2020-12-02T14:05:54Z Word Count : 40

View Rich Text Page View Plain Text Page

Henro Kruger

die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die DA. Henro Kruger op Twitter Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit...

Last Update: 2021-02-01T12:23:11Z Word Count : 46

View Rich Text Page View Plain Text Page

Nthako Matiase

Matiase". People's Assembly. Besoek op 7 Julie 2018. Nthako Matiase op Twitter Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit...

Last Update: 2019-02-01T00:59:14Z Word Count : 48

View Rich Text Page View Plain Text Page

Obed Bapela

regering en Tradisionele aangeleenthede, tans dienend onder Minister Nkosazana Dlamini-Zuma. Obed Bapela op Twitter "Obed Bapela". People's Assembly....

Last Update: 2021-02-23T12:31:40Z Word Count : 48

View Rich Text Page View Plain Text Page

Thomas Walters

Alliansie, saam met James Masango en Ashor Sarupen. Thomas Walters op Twitter "Thomas Charles Ravenscroft Walters". People's Assembly. Besoek op 7 Julie...

Last Update: 2021-09-02T09:40:14Z Word Count : 75

View Rich Text Page View Plain Text Page

Pieter Howes

doelwit om die rasseskeiding te oorbrug. Hy het veral 'n groot gehoor op Twitter geniet en was 'n bydraer by die Amerikaanse webwerf Inquisitr. Pieter Bosch...

Last Update: 2024-01-12T13:16:37Z Word Count : 546

View Rich Text Page View Plain Text Page

Xiaomei Havard

op 27 Januarie beëdig. Na haar beëdiging het xenofobiese hutsmerke op Twitter aandag getrek. "Ringo the changes: muso joins surprising list of new MPLs"...

Last Update: 2023-12-22T09:30:41Z Word Count : 462

View Rich Text Page View Plain Text Page

Wouter Wessels

29 Augustus 2018. Wouter Wessels op People's Assembly Wouter Wessels op Twitter Hierdie artikel is ’n saadjie. Voel vry om Wikipedia te help deur dit uit...

Last Update: 2024-01-20T19:58:17Z Word Count : 241

View Rich Text Page View Plain Text Page

Main result

Twitter

X, voorheen bekend as Twitter, is 'n sosiale netwerk- en mikrojoernaaldiens wat gebruikers in staat stel om boodskappe, bekend as tweets, te versend en te lees. Tweets is teksgebaseerde boodskappe van tot 140 karakters wat op die outeur se profiel gepubliseer word en aan die outeur se subskripsiegehoor, bekend as followers (volgelinge), gestuur word. Die verstekverstelling is dat boodskappe in die openbaar vrygestel word, maar gebruikers kan aflewering beperk tot diegene in hul virtuele vriendekring. Gebruikers kan tweets via die Twitter-webwerf, SMS of ander eksterne toepassings stuur en ontvang. Alhoewel die Twitterdiens op sigself niks kos nie, betaal gebruikers wel vir toegangskostes soos internet- of SMS-fooie aan hul persoonlike telekommunikasiediensverskaffer. Die 140-karakterbeperking wat boodskappe op Twitter dra is aanvanklik ingestel sodat boodskappe met SMS-kommunikasie versoenbaar sou wees, en hierdie beperking het tot gevolg gehad dat die snelskrif en internetsleng wat gewoonlik in SMS'e gebruik word, nou ook na die web gebring is. Die 140-karakterbeperking het ook die gebruik van URL-verkortingsdienste soos tinyurl, bit.ly en tr.im, en inhoudsakkommoderingsdienste soos Twitpic en NotePub aangemoedig, omdat hierdie inhoud en teks gewoonlik meer as 140 karakters beslaan. Sedert dit in 2006 deur Jack Dorsey geskep is, het Twitter wêreldwyd beroemd en gewild geraak. Dit word soms as die "SMS van die internet" beskryf. Twitter het hul nuus- en inligtingsnetwerkstrategie in November 2009 beklemtoon deur die vraag wat dit gebruikers vir statuswysigings vra van "What are you doing?" (Afrikaans: Wat doen u?) na "What's happening?" (Afrikaans: Wat gebeur?) te verander. Twitter word deur Alexa se webverkeeranalise as een van die vyftig gewildste webwerwe ter wêreld gelys. Alhoewel skattings oor die aantal daaglikse gebruikers van die diens verskil omdat die maatskappy nie die aantal aktiewe rekeninge bekend maak nie, het 'n Compete.com-webjoernaalinskrywing in Februarie 2009 Twitter as die derdegrootste sosiale netwerk aangedui gebaseer op hul beraming van 6 miljoen unieke maandelikse besoekers en 55 miljoen maandelikse besoeke. In Maart 2009 het 'n Nielsen.com-webjoernaal Twitter as die snelgroeiendste webwerf in die lidmaatskapgemeenskappekategorie vir Februarie 2009 gelys. Twitter het 'n maandelikse groeikoers van 1 382 persent gehad en Zimbio het 240 persent behaal, gevolg deur Facebook met 'n toename van 228 persent. Vanaf 5 April 2022 is die grootste aandeelhouer van Twitter Elon Musk met 'n belang van 9,2% in die maatskappy.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search