1997-Drienasiesreeks

1997-Drienasies
Datums 19 Julie - 23 Augustus
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (2 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 48 (8 per wedstryd)
Bywoning 304 035 (50 673 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Carlos Spencer (84)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Christian Cullen (4)
1996
1998

Die 1997-Drienasiesreeks was die tweede keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 19 Julie tot 23 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi gewen nadat hulle al die vier wedstryde gewen het. Buitendien het hulle die Bledisloebeker ingepalm.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search