1998-Drienasiesreeks

1998-Drienasies
Datums 11 Julie - 22 Augustus
Kampioen Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (1 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 22 (3.67 per wedstryd)
Bywoning 295 697 (49 283 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Australië Matt Burke (50)
Meeste drieë Vlag van Australië Matt Burke (3)
1997
1999

Die 1998-Drienasiesreeks was die derde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 11 Julie tot 22 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Suid-Afrika het die toernooi vir die eerste keer gewen nadat hulle al die vier wedstryde gewen het. Buitendien het Australië die Bledisloebeker ingepalm, wat die vorige drie jaar deur Nieu-Seeland gewen is.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search