1999-Drienasiesreeks

1999-Drienasies
Datums 10 Julie - 28 Augustus
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (3 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 17 (2.83 per wedstryd)
Bywoning 326 219 (54 370 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Andrew Mehrtens (69)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Christian Cullen (3)
1998
2000

Die 1999-Drienasiesreeks was die vierde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 10 Julie tot 28 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die derde keer gewen nadat hulle drie wedstryde gewen het. Buitendien het Australië die Bledisloebeker behou, wat hulle die vorige jaar gewen het, nadat die All Blacks en die Wallabies elkeen een wedstryd gewen het.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search