2000-Drienasiesreeks

2000-Drienasies
Datums 15 Julie - 26 Augustus
Kampioen Vlag van Australië Australië (1 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 29 (4.83 per wedstryd)
Bywoning 381 655 (63 609 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Australië Stirling Mortlock (71)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Christian Cullen (7)
1999
2001

Die 2000-Drienasiesreeks was die vyfde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 15 Julie tot 26 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Australië het die toernooi vir die eerste keer gewen nadat hulle drie wedstryde gewen het. Buitendien het Australië die Bledisloebeker vir die derde agtereenvolgende keer behou, nadat die All Blacks en die Wallabies elkeen een wedstryd gewen het.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search