2001-Drienasiesreeks

2001-Drienasies
Datums 21 Julie - 1 September
Kampioen Vlag van Australië Australië (2 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 13 (2.17 per wedstryd)
Bywoning 314 356 (52 393 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Australië Matt Burke (53)
Meeste drieë Vlag van Nieu-Seeland Pita Alatini (2)
2000
2002

Die 2001-Drienasiesreeks was die sesde keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 21 Julie tot 1 September oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Australië het die toernooi vir die tweede keer gewen en sodoende hul titel suksesvol verdedig. Buitendien het Australië die Bledisloebeker vir die vierde agtereenvolgende keer behou, nadat hulle die All Blacks in albei wedstryde geklop het.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search