2002-Drienasiesreeks

2002-Drienasies
Datums 13 Julie - 17 Augustus
Kampioen Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland (4 titels)
Wedstryde gespeel 6
Drieë gedruk 32 (5.33 per wedstryd)
Bywoning 306 764 (51 127 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Nieu-Seeland Andrew Mehrtens (47)
Meeste drieë Vlag van Suid-Afrika Marius Joubert (3)
2001
2003

Die 2002-Drienasiesreeks was die sewende keer wat die rugbytoernooi tussen Australië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika plaasgevind het. Dit is vanaf 13 Julie tot 17 Augustus oor ses wedstryde beslis met elke span wat vier wedstryde gespeel het. Nieu-Seeland het die toernooi vir die vierde keer gewen. Nietemin het Australië die Bledisloebeker vir die vierde agtereenvolgende keer behou, nadat die All Blacks en die Wallabies elkeen een wedstryd gewen het.

Die toernooi is deur SANZAR georganiseer, ’n konsortium wat uit die drie lande se rugbyfederasies bestaan. Sedert 2012 is dit na die Rugbykampioenskapreeks verander toe ook Argentinië tot die toernooi toegetree het.[1]

  1. (en) "Rugby: IRB clears way for Argentina to join Tri-Nations". The New Zealand Herald. 13 Mei 2010. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 22 Mei 2010.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search